Jongste aktiwiteit:

Die beste koppie koffie

Die beste koppie koffie

Soggens vroeg begin die dag met koffie op die stoep.

Soms met beskuit, of net ’n sigaret.

Ek verkies hom swart, sonder suiker. Jy dalk soet en met melk.

Die oggend begin, natuur begin praat. Saam sit ek en jy, waardeer ’n bietjie stilte, voor ons saam met die natuur gesels.

Vanaand, as die aarde weer gaan slaap, kom sit ek en jy weer hier, waar ons die dag soggens groet.

Met ’n slaapkoffie sit ons en dankie sê vir die spore wat ons weer vandag kon lê.

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed