Jongste aktiwiteit:

Inpas

Inpas …

 

Ek was al in elke liewe boks gepak om net weer van voor af los te bars …

 

Die lewe voel anders, elke boks is reeds dan vol, waar is die plek waar ek in moet pas …

 

Tonge van oordeel klap soos swepe oor my kop, al wat ek begeer is vrede by God.

 

Die wêreld trek my aan met ’n jas en ’n das, hulle verstaan nie ek werk tussen die mense vol as.

 

Het ek ook iewers nog ’n boks wat wag, of is ek deel van die trek wat eerder net in hierdie lewe uit moet staan?

 

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed