Nadat jy weg is
tussen soetdoring en granatebos het tarentaal se kind ‘n veer gelos voor die witgekalkte baksteenmuur naas die oop deur van ‘n leë wolskuur (êrens in die middel van die droë Karoo daar waar ‘n mens nog in God moet glo onder in ‘n laagte waaroor blou lug strek daar waar lammers van die dors kan […]
Die skande aan my hande
met die pantserlaag om my hart weggeskeur het jy my vlyend ingetrek in ń doolhof van leuens vasgekeer in die prisma van ons liefdesfleur my siel tot naaktheid oopgevlek met die pantserlaag om my hart weggeskeur vals motiewe met illusies van liefde verkleur my hande met skande bevlek in ń doolhof van leuens vasgekeer met […]
Guppy, my hart se swart punt
Teen hierdie tyd is Guppy al nege hond-jare oud en, net soos haar Miesies, raak die grys al hoe duideliker sigbaar. Sy staan groot en 46 kg swaar in haar ongebleikte swart sokkies. A.g.v. inteling en ’n ras wat geneig is tot heup probleme, is sy met ’n ernstige vorm van “Hip Dysplasia” (’n genetiese […]
Dans van die Dooies
Krale val orals. Hulle was eens elke kleur denkbaar, maar hulle is nou gevlek met bloed. Mense hou aan sing en waai terwyl die parade verby gaan, salig onbewus van wat werklik aan die gang is. Die alkohol wat hulle so gulsig afsluk is nie van hulle wêreld nie… en keer hulle om te sien […]
grafskrif
op elke strand lê daar soggens opdrifsels tekens van die nag se see-aktiwiteite interessante goed spoel snags uit soms ‘n rare vissie van baie ver dikwels skulphuisies van slakke baie dikwels oorblyfsels van krappe en soms selfs die tentakels van ‘n kreef die ontdekking daarvan bring groot plesier vir die mens wat hou daarvan om […]
JY VRA MY OM TE DANS
JY VRA MY OM TE DANS Jy vra my om te dans darem kry ek ook ń kans jy hou my styf vas in jou arm my hartklop vinniger en warm ek was so opgewonde en bly saam met jou hier langs my sy in jou arms die droom man van my saam gaan ons […]
MY SONSKYNKIND
MY SONSKYNKIND Jy is my sonskyn kind my dwarrelwind wat waai in die wind jy waai my hier en jy waai my daar jou hele lewe is so deurmekaar staan weer op my liefste pop wys my waarheen gaan jou kop jou lewe waai net soos die wind ruk jou reg anders lê jy soos […]
EK KYK IN DIE GLAS
EK KYK IN DIE GLAS ek kyk in die glas verstommend en verras vasgevang in my eie glaskas vee ek die wasem af oor die glas ek sien my eie gebroke siel my gesig weerspieel in my spieel die harde lewe dwing mens om tekniel al soekend na my verlore siel skokkend is my groot […]
Murasies
Jou oë soek myne tussen skilfer mure se buitelyne en vergange ure van verlate drome, wyl die son sy lang vingers trek oor jou verledes en tuis maak in die skadu’s van die hedes. Skelet jou beeld teen die skemer hemel se laaste lig van mens wees. Strek jou hartseer blik oor al die vlaktes […]
‘n Korreltjie jy
Jy wat in kind wees wil dwaal, op grondpaaie van onthou stap, opsoek na jou plekkie in die son met die verlede wat in jou gedagtes maal. Jy wat die lewe dra – wat gebroke harte wil heel, maar argeloos trap hul op jou seer, ontnugterd is jy, as jy vra. Eensaamheid skrop nes in […]