grafskrif
op elke strand lê daar soggens opdrifsels
tekens van die nag se see-aktiwiteite
interessante goed spoel snags uit
soms ‘n rare vissie van baie ver
dikwels skulphuisies van slakke
baie dikwels oorblyfsels van krappe
en soms selfs die tentakels van ‘n kreef
die ontdekking daarvan bring groot plesier
vir die mens wat hou daarvan om vroeg te stap
mense is gewoonlik nuuskierig van aard
hulle kan fip-en-fap oor vreemde goed
soms neem hulle fotos – soos ek
soms gaan dit net verby
soos mense gewoond raak
verdwyn die nuutheid
so gaan geweld
ook vandag
by
ons
verby
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.