Die Groot honger
Nog ‘n dag. Soos gister en die dag voor dit, is dit die honger waarvan ek eerste bewus word. Altyd honger. Daar is nooit iets anders nie. Die gevoel van die onbevredigde behoefte in my maag. Hulle sê die oorlog is verby en Hitler is dood. Maar die oorlog gaan vir jare nog aanhou. Dalk […]
smeekbede vir uitkoms (BRONS)
smeekbede vir uitkoms Namibië was onder die verskriklike druk van droogte … erg erge ergste! droogte mense op hul knieë smeek en soebat beloftes word gemaak – geloof die kruk uithouvermoë word gedryf tot ʼn hoogte asseblief Vader kom maak ons land nat groot dankbaarheid vir baie dele wat in oorvloed geseën is met laafnis […]
soos gras (BRONS)
soos gras vanoggend is ek stil verslae vol heimwee my dikke poppie-hond lê hier neffens my voete my beker vol boeretroos stomend in my hand my orgideë kyk vir my waar ek stil sit en kyk oor groen gras en geel veldgrasse die trane maak spoortjies oor my wange ek sit en dink in die […]
VROUEMAAND – ‘n Gorrel vir ‘n Vrou
VROUEMAAND ‘n Gorrel vir ‘n Vrou (Brons) As kind kon ek nie wag om eendag ‘n vrou te wees nie, want ek wou tog my eie keuses maak, my eie uiteinde kies. Nou is dit daardie keuses wat mens tot allerhande ander goed lei. Deesdae vra ek myself – wat is vrouwees regtig? Dis nie […]
Soet wraak van Herodias
die maan verlig die donker sel, gooi sy strale oor die apostel wat met sy moeë lyf teen die growwe muur stut hy sluit sy oë in gebed terwyl die hoonlag van besope hoëlui onheilspellend naderkruip sy gooi haar heupe sywaarts en met ‘n wulpse beweging swaai sy ritmies in sinlike genot voor Herodus Antipas […]
Geparsde hart
soos die swart olyf moes my hart deur die genesingsproses gaan; skarlakenrooi seer het oor my lewensparsvloer getraan tog weet ek dat die bitter saam met die sout skoon moes bloei dat suiwer goud genade uit die helingsproses vloei ©️ Amanda
nuanse
uit die kraal van my taal kruip daar woorde te voorskyn woorde, begrippe en musiek wat net in my wese hoort elke klank en toets wat in my taal speel uniek die vonkel of hartseer of vrees in jou stem nêrens anders op aarde niemand wyd of ver waardeer of verstaan innerlike wese soos een […]
sonnige sondag
elke dag is soos ‘n son dag party is net agter wolke verberg my duin lê soms soos ‘n dorre woestyn ander dae soos ‘n lewende water bioom vog sak daarop neer en verdwyn weer vetplante verskyn in blaartjies klein êrens klingel die kerk klokke oor krakerige luidspreker roep gelowiges saam om die son dag […]
Nagdig (Engelse Sonnet)
daar’s ‘n vuur wat hang in die donker gang en geluide van die wind en die weer; ‘n ruiter van die nag met oorlogdrang wat die vrede in my vesting kom steur dis laat in die nag en die maan skyn rooi en ek luister na die perd se gallop na winde wat woede in […]
Verlore dans
ek dans ‘n eens verlore dans op Strauss se Blou Donou die dansvloer is in goud gehul en ek wals heelaand met jou die meester hang nog self ook daar so skuins bo teen die muur en deur my passies wonder ek of hy na ons ook tuur die aand is soel en gul omhul […]