Jongste aktiwiteit:

  • Juanri het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van JuanriJuanri is nou vriende

  • Charné de Beer het n geregistreerde lid geword

  • Jesica het n geregistreerde lid geword

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Adel het n geregistreerde lid geword

  • Juanri Lid se profiel foto het verander

  • Juanri het n geregistreerde lid geword

VROUEMAAND – ‘n Gorrel vir ‘n Vrou

VROUEMAAND
‘n Gorrel vir ‘n Vrou
(Brons)

As kind kon ek nie wag om eendag ‘n vrou te wees nie, want ek wou tog my eie keuses maak, my eie uiteinde kies. Nou is dit daardie keuses wat mens tot allerhande ander goed lei.

Deesdae vra ek myself – wat is vrouwees regtig? Dis nie net jou geboorte reg of God verkose geslag nie.

Dis om ‘n vrou te wees wat vlei met die uiterlike. Grimering hier en ‘n ring daar of mooi naels. Om sag te praat en lig
Uit te straal. Dit is ook om niks grimering te dra en ter selfde tyd nie buite of binne te mooi te wees nie. Plooie wat diep spore in jou gesig trap. Die sweet tap jou af soos jy was aan die skottelgoed en klere en hol agter jou man en kinders. Vrouwees is om alles self op te tel. Van jouself en van almal anders in die huis. Vrouwees is om die heerlikste vyfster etes se reuke en geure deur die huis te laat trek, maar ook om soms net botter op brood te smeer (as ooit) en te sê hier is julle ete. Dit is om te probeer om ‘n ma te wees, ‘n huishulp, ‘n bediende, ‘n raadgewer, ‘n konfident, ‘n vriend, ‘n rolmodel, ‘n dokter, ‘n finansiële adviseer en ‘n sielkundige. Dis om kritiek te kry en beleef asof dit deel is van jou. ‘N orgaan dalk? Jy is te stadig of te vinnig. Te teruggetrokke of te oortollig. Te maer of te vet. Te ambisieus of te ruggraatloos en middelmatig. Kies jy ‘n loopbaan is jy verkeerd. Kies jy om tuis te bly is jy verkeerd. Dit begin al vroeg. Kies jy blik melk of kies jy borsvoed, en tog is jy verkeerd. Soms is dit om alleen te wees, terwyl jou man en kinders woelig om jou wemel. Vrouwees is ook koek en koffie afsprake saam vriende. Dis lag en gesels en kuier en klets. Dis om saam deur die lewe te gaan en ander vroue te verstaan, sommiges met ‘n tikkie jaloesie daarby eerder as trots. Vrouwees is om soms na ‘n kalmeer pil te moet gryp, of selfs elke aand ‘n glasie wyn te geniet. Dis om die wesentjies – jou kinders – ter selfde tyd wat hul jou teen die mure uitdryf, of jy hulle daar wil vasplak vir ‘n oomblik van rus en stilte, so lief te hê dat woorde dit nie kan beskryf. Dis om nooit alleen te wees. Nie eens in die badkamer nie. Vrouwees is om jou kinders te sien lag met ‘n bekkie vol tande, terwyl hulle stront aanjaag en nie anders kan as om net saam te lag. Vrouwees is skuldgevoel se gelyke. Doen jy genoeg vir jou man? Moes jy eerder werk of moes jy eerder tuis bly? Is jy ‘n goeie ma of nie? En dan die ergste – mammaskuldgevoel. Was ek vandag nou weer die monster ma want ek was te kort van draad of te sus of so.
Dis keuse op keuse waarvan geen regtig maklik is nie. Vrouwees is bid vir ‘n tikkie vryheid, want soms voel vroue hulle het hulle self verloor. Of wag – het hulle hulself net gevind as vrou? Maar was dit dan wat hul wou wees? Wag – wie wou God ooit hê moet ek wees? Dis om te vra “Here, gee my krag. Nee wag – geduld, want anders…”. Dis om te vra vir vergifnis. Dis om te vra dat jou kinders ‘n pad sal stap met God, ‘n ware innige intieme wandel.

Vrouwees is sommer ‘n mengelmoes van dinge. Keuses, vrae, gebed. Wonder en twyfel. Grootmaak, skoonmaak en leer. Vrou wees is lief hê op diep vlakke en omgee om elke hoek en draai. Vrouwees is eintlik ‘n seën van bo – want geen ander wese is geseën met die vermoëns van ‘n vrou. Vanaand klink ek ‘n glasie wyn op my en jou – liewe vrou.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed