Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Huwelik

Buig jou knie en vra Silwer

Deur Datum gepubliseer: 24 Augustus 2021 5

Buig jou knie en vra.

Wanneer buig jy die knie? Wanneer jy oorgee of wanneer jy nederig is? Of bloot net omdat jy daardie groot vraag wil vra? Daardie vraag wat vele dames se harte week maak.

Die tradisie van knie buig wanneer ‘n man ‘n meisie om haar hand vra,…

Genesis (SILWER)

Deur Datum gepubliseer: 31 Mei 2021 8

Genesis

Ek wou eens my geloof opsê:
toe jy as ster verskiet,
my aarde onherstelbaar kantel,
die wêreld in sy kern krummel
en lawastrome vastigheid versmelt
tot vormlose plate koue klip.

Maar ek’t besef ek kan nie:
hierdie breinlose bondel eensellige niks
gaan nie evoleer uit die chaos
om as sterkere te oorwin
en morfologies aangepas
verbeterd te funksioneer nie.

Al waaruit…

Huistoe

Deur Datum gepubliseer: 28 Mei 2021 13

‘n olyfboom staan wild teen die voet van Kasteelberg
aronskelke blom nie meer hier nie
die blou lug hang in dik wit wolke
aan die hemelruim se wange
ek kyk oor die vallei
Hadida’s steel die stiltes
mense kom en gaan woelig
party bly te lank
ander slaap net oor
en soms sterf iemand hier

ek draai om…

In Ocean Basket (SILWER)

Deur Datum gepubliseer: 1 April 2021 17

In Ocean Basket

Sushi is vis. Dood en rou.
So ook jy en my verlange na jou.
Ek eet alleen aan die groen goed
met die naam wat ek altyd vergeet.

Dit slaan my asem weg

en brand ‘n pad af in my keel:
amper so intens as die seer
om te weet dat ek jou naam
straks…

Wou (SILWER)

Deur Datum gepubliseer: 1 April 2021 15

Wou

ek sou jou graag wou liefhê

ek’s spyt om dit nou kras te sê
ons was vir mekaar bloot nodig
(dit besef ek nou –
t’rugwerkend gebeskou)

so trane is oorbodig
nou wat jy finaal jou rug draai
op wat ons saam gesaai
(én saam verdraai)
het

net
(gun my dit tog maar sê)

ek sou jou graag wou liefhê

©ASvdMerwe

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 219 gaste aanlyn

Bydraes – Argief