OP JOU BORSKAS (goud)
As ek vannaand my kop neerlê mag dit op jou borskas wees want ek is bang bang vir myself bang vir Eskom se donker bang vir ons eie Afrika bang vir ‘n heelal wat heeltemal te veel geword het ek is bang omdat ek ‘n vrou is bang omdat ek hier is bang vir skadu’s […]
Kalwerliefde
In die kosmosvelde waar kalwerliefde bandeloos blom, bolmakiesie ons drome nog om en dom; alom hartsbegeertes wat kleurig in die sterre verweef is en gretig daar wag, tot rooidag weer kom.
Leonard se song (goud)
Jy het té lank eenkant gestaan terwyl die opkoms en afstyg van die stil spasies in jou lewendige oë vergeet het om te onthou dat liefde ‘n spel is nie ‘n herhaling van gister nie nie die stemme in jou kop wat met gekamoefleurde klanke jou gehoor verwilder nie nie iets wat jou drome en […]
Geknakte siel Silwer Mei Projek
swart satyn en silwer blom die Here weet, sy is lief vir hom! Met galgegrap haar hart vertrap – die silwerblom se steel is krom silwerblom en gekraakte vaas die lewe is soos venstergaas dowwe oë wat aanhou glo die gekraakte vaas… sê sy is dwaas. dowwe satyn en gedroogte blom DIE HERE WEET – […]
Sinlik belustig (goud)
Met haar drome nog styf teen sy hart vasgemeer het sy nardusolie aan sy voete kom smeer plaksels van sy siel het een-een afgedop gister se newels het om hul stof opgeskop sy asem het wild-warm in haar nek geblaas ‘n hele wye wêreld het in haar kop begin geraas helder in haar eensaamheid het […]
Agter toe deure
Brons gradering. 847 woorde Agter toe deure “Maak oop die deur!” ʼn Harde gehamer van vuis op hout volg. “Maak oop die donnerse deur nou! Ek maak jou vrek as ek hier uitkom, hoor jy my? Ek maak jou fokken vrek!” Debbie sak bewend op die rusbank neer. Sy voel hoe haar lyf begin ruk. […]
Terugblink oomblik
Terugblink oomblik Leef oomblikke om van te lewe dank God vir wonderlike tye kan opstaan en voort strewe wil nog soveel doen in lewe Oupa en ouma kyk uit bewonder sit op stoep van hul huis lewe saam was iets besonder kinders gevoel hul altyd tuis kleinkinders saam en boek lees wag bly dat oupa […]
Taai Tamaletjie
Gradering: Silwer Woordtelling: 320 Ek verstaan hoekom die manne maan toe gegaan het. Ek verstaan Aardrykskunde, en ek verstaan so ‘n ietsie van Wiskunde, behalwe as dit by kos, sin en tan kom. Maar as daar nou een ding is wat ek rêrig niks van verstaan nie, is dit die Liefde. Liefde, soos dit vir […]
Soos die Val van die Dobbelsteen
Wanneer sy haar mediese tas vat en begin stap in die rigting van die uitgang, voel sy die rugby bal haar liggies teen die kuit tref. Sy draai terug, sien hoe die hele span in afwagting wag vir haar reaksie, skielik is sy lus om hulle terug te kry, en sy weet, sy kan. Sy […]
Hoe diep die vreugde
Hoe Diep die Vreugde Die skok tref hom soos ʼn vuishou op die hart, ‘Rastor Battle, ʼn baie jong Rastor Battle’, flits dit deur hom, maar dit kan nie wees nie, dit weet hy. Hy sien dit asof in stadige aksie, die oopswaai van die luukse motordeur, die pragtige hakskoene met die perfekte enkels en […]