Boesmanbessies spesiaal vir jou
Boesmanbessies spesiaal vir jou
Geld het ek eens geproe, die selfde smaak as tabak of alkohol, ‘n smaak wat moeilik los as jy hom eers geproe het.
Meer en meer wou ek hê, maar geld het in iemand anders se sak gaan lê.
Hande nou vol eelte, vingers voos gewerk, verdien ek nou dit wat die hart eintlik altyd nog wou hê.
Vroeër sou ek vir jou duur pêrels of diamante kon koop. Vandag maak ek gaatjies in ‘n boesmanbessie en ryg dit deur ‘n toutjie — ‘n string boesmanbessies, spesiaal vir jou.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.