gety
sy woon tussen rakke
waar vergete vokale
soos voëls rus
sy versamel
see-sagte sillabes
brose breekwoorde –
klein fossiele van die tong.
dit ruik na branders
na ‘n kind
wat deur soldate hardloop
na ‘n digter
wat te vroeg uit die wêreld
se sinne verdwyn het
dan maak die versamelaar haar hand oop
iets met branders
iets met ‘n stem
iets sonder ‘n liggaam
‘n naam
vol sout
‘n keel
vol wier
Sommige woorde weier om te sterf.
@marthamariajones
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.