’n Wêreld in ’n sandkorrel
Ek sit op die kruin van die hoogste duin in die eindelose sandsee van die Kalahari waar stilte voor oneindigheid kniel onder die oopgesperde hemel blou die wind liasseer die dag se spore in die geheue van die sand en korreltjie vir korreltjie gly die ewigheid deur my vingers ek sien ’n wêreld in een […]
“Een se dood is die ander se brood…”
Die eksentrieke velhoed sit laag oor die kop met yl haartjies en hy skreef sy oë teen die skerpgeit van die ondergaande son. Sy blik vee oor die volle breedte van sy plaas. Die rye mielies skep goud uit die ondergaande son. Swerms rooivinke swiep laag oor die bultende mieliekoppe, swenk in wye boë […]
Skuit jy dan op jou eie voorstoep?
Hoe dit gekom het dat ek eers in my herfsjare dié les moes leer verstaan ek nie! Ek meen, dit sou dekades terugdraai had ek die goue reel eerder omarm: “‘n Mens skuit nie op jou eie voorstoep nie.” Van lojaliteit het ek in my jeug min verstaan. Ek was hoeka nie dergelik agtergeblewe of […]
Tekkies vir liefde
Tekkies vir liefde Sou ‘n gesprek begin met: “Is jy getroud?” My veters is lankal vas. Ja, ek is maar met die plaas. Soet woorde kan my lankal nie meer verbaas nie. Kinders en ‘n hele geraas was nog nooit deel van my verhaal. Vriende oral oor, gesels en grappies is waar dit hoort. Sou […]
“Gee die hond wind”
Juanri Brons-Gedigte “Gee die hond wind!” het oupa gesê as my woorde vasgehak in my gedagtes kom lê. Whisky die brak hardloop af in die straat, maar altyd het oupa met mý gepraat! “Maak ‘n kopskuif my kind, en troetel die plek van son en lag en wonderwerk!” Nou hoor my siel […]
Tussen die lyne 790 woorde Goud
Tussen die lyne. Die swakkes kan nooit vergewe nie. Vergifnis is die eienskap van die sterkes. Mahatma Gandhi. Jy is ‘n sterk vrou. Hoeveel keer het ek al hierdie woorde gehoor. Sterk? Nee, ek gaan net nie toelaat dat die verlede my aftrek in ‘n donker gat in nie. Tien jaar gelede het ek die […]
Quo Vadis
Silwer Vanmelewe is die vraag al gevra en vandag nog is dit iets wat pla. Die Afrikaner wat by ‘n kruispad staan met verengelsing wat om hom aangaan. Sal die Afrikaner hierdie oorlog oorleef, met die jong geslag wat tale verweef? destyds as ‘n kombuistaal beskou, maar tog suiwerder gepraat as nou. Afrikaans moet kwansuis […]
Halfvol in Italië
Juanri Brons-Prosa Half vol in Italië Ma sê altyd, “Jy kyk n glas of half leeg of half vol”. Haar woorde het krag gedra en die waarde van dit het ek nooit besef nie. Ma se glas het altyd vol geloop, sy fokus bewustlik op die goue randjie om elke donker wolk. Vir háár was […]
Waar siel en liggaam ontmoet
Daar is ‘n bekende gesegde wat lui: “Ek sukkel om liggaam en siel bymekaar te hou. ” Die eenvoudigste, maar een van die diepste lewenswyshede wat uit die Kalahari gekom het, is die ou Boesmangesegde; “Ek moes kort-kort op my hurke gaan sit, sodat my siel my liggaam kan inhaal.” In net ’n paar woorde […]
Augustus 2026 – Aanhalingsprojek
Beste INKers, Soos dit dapper skrywers betaam, het ons almal saam, met of sonder fanfare, die eerste helfte van hierdie jaar nou behoorlik onder die knie. Die tyd sleep nie voet nie, en voor ons kan sê: INK, Skryf in Afrikaans, is 2026 op sy rug. Die tyd het dus aangebreek dat ons ‘n paar […]