Julle 2026 DIS NOG NIKS… LAAT EK JOU VERTEL projek
Beste INKers, Hierdie maand gaan ons ‘n semi-oop projek aanpak. By semi-oop bedoel ek, daar gaan geen voorskrifte wees vir konstruksie nie, maar ons gaan ‘n tema behandel. Die tema is: “Laat ek jou vertel …” Ek glimlag altyd as daar iets in ons lewens gebeur en ons die anekdote wil oorvertel, dan is sommige […]
Vallei van ‘n Duisend Heuwels (Goud)
It is said that the American Author Mark Twain was traveling…in 1896 (and) glimpsed out through his train window at the beautiful landscape and remarked to his colleagues that there appears to be “a Valley with a 1000 Hills in it”, somehow this name stuck. Op hierdie stuk aarde het erosie mooi gemaak en ‘n […]
Gatsrand #silwer
Gatsrand Ag moet nou nie maak asof jy nie van Gatsrand af kom nie, niks van niemand weet nie. Daar waar die goue steentjies wegkruip giggel geel graan golf oor Gatsrand en berge en dale kartel soos plooie. Gatsrand kry sy lêplek teen die Witwatersrand suidwes van die Goudstad waar boere en myners hand aan […]
Melkbos
Die eerste ding wat Lien Meiring in Uis leer, is dat hout ook kan doodmaak. Sy staan langs die pad waar ’n ry klipgrafte laag teen die grond lê en tel hulle sonder om haar lippe te beweeg. Een, twee, drie. By elf hou sy op. Die wind waai warm stof teen haar kaal enkels […]
Thula Bethulie
(1498) BRONS Thula Bethulie Bethulie, deur God gekies. Sy onthou nog die dag toe hulle besluit het om daar te gaan bly. Hendrik kon nie ophou praat nie. “Het jy geweet,” babbel hy, “die San mense het eerste hier gebly. In 1828 het die Britte ‘n sendingstasie in die Xweida gebied, wat modderige plek beteken […]
Die Vallei van Verlore Vee
Brons gradering Die Vallei van Verlore Vee Op hierdie grond het mense hul gevestig Eeue lank het hul vee hier gewei maar die vee het spoedig begin verdwyn sonder verduideliking, sonder rede Kort voor lank was die vallei verlate Sonder vee Sonder mense maar beslis nie sonder geskiedenis Die raaisel bly vandag nog staan Die […]
[SILWER] – TSITSIKAMMA
TSITSIKAMMA Tsitsikamma plek waar druisende waters praat en mistige gebede teen die bergwand laat waar riviere hul geheime deur die klowe dra en die see se blou verlange aan die rotse kla *** die naam is uit die ou taal van die aarde gebore waar elke stroom nog die stem van voorouers bewaar onder geelhoutreuse […]
Noenieput – Goud 411 woorde
Noenieput Ongeveer 14 km oos van die Suid Afrikaanse grens met Namibië, in die Kalahari-woestyn, is daar ‘n klein dorpie met die naam Noenieput. Die naam “Noenieput” het sy ontstaan as gevolg van ‘n put wat naby ‘n Noenie-boom gegrawe is. Lewies Engels en Piet van der Westhuizen het in die 1900s die plaas Diamantputs […]
riemvasmaak
riemvasmaak – Retha van Deventer (Goud) in ‘n bergwoestyn borrel binnewater warm waar loodregte kranse *karmenaatjies van edelstene koester soos *ma-goed hulle se kjinnirs beskerm en die *skroeison karmosyn op die *Kai !Gariep soos wanneer *pa-goed vet bokke uitbloei dáár word *rieme op kaalgrond vasgemaak want daarsonder is die lewe galbitter soos *traanuintjies en […]
die see was dik
die see was dik – Retha van Deventer (Goud) misvlae sweef swaar oor’ie seekant soos moeë velskoene wat slof in’ie dik sand die *bakkies is in die see was *dik fluister’ie weskuswind dit maak’ie hawe se hart wakker en’ie *huiskapteine se voete ligter *skille spat oor diepsee-stories en krimpende aalmoes-kwotas t’wyl snoek gevlek word […]