5 munite in my kop
5 munite in my kop
Dis koud, die son sukkel om hitte te bring.
Die huis is stil, doodstil. Buite is ’n tortelduif. Die hoender beaam sy sang.
Letters en woorde warrel deur my kop. Ek probeer aan my bundel skryf. Sien die mens in my skrywe iewers vir God.
Horlosie dong, tyd jaag my aan. Werk wat roep voor die son sak en die dag verklaar.
My koffie amper klaar, ek wou eintlik gou ’n beskuitjie kou.
Die vuur in die donkie het uitgebrand. Water reeds reg vir later se bad.
Voor my lê ’n mat… termiete het hom sat gevreet. Sal ek stukkies van hom kan red? Dit het behoort aan oom Dewet.
Vandag sien die res van die wêreld my kop se mallemeule.
Woorde kaalbas, met sinne half gepraat, sal ek nou aan die werk moet spring.
Hier in my wêreld maak jy bedags op net jou eie hande staat.
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.