Die stilte van natuur se donker uur
Die stilte van natuur se donker uur.
Droë vlei, staan die geel gras nog hoog.
Here, bewaar ons tog teen vuur. Ons is nou in die donker uur voor die reën weer kom.
Windpomp soek na wind, dit is stil.
Dam is amper leeg, die diere moet oorleef.
Die son bring hitte na die koue nag. Voëltjies sing, hulle klink dankbaar vir nog ’n nuwe dag.
Die stilte raas saam met ’n kriek. My kop se geraas slaan briek.
Neem die stilte in, geniet die natuur se liriek.
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.