
STOOMTREIN
STOOMTREIN
Ek hoor die trein se harde fluit
stoom borrel by die lokomotief uit
hoor ek hoe swaar die enjin druis
ou groote sukkel die opdraande uit
hoor ek tik tak klanke op die spoor
deur berge en klowe hoor ek in my oor
deur die venster kyk ek ver terug
na die rooi lang trokke op die treinspoor
kronkel die trein slang langsaan die rivier
deur asemrowende mooi natuur
oor die staal brug en bo oor die rivier
in die donker tonnel stoom hy deur
totdat sy swart rook net verdwyn
gaan hy beslis sy bestemming bereik
by elke klein stasie stop die trein
totdat hy sy eie eindpunt bereik
©Eleen van Deventer Vorster
24/06/2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.