Binne
Binne
die menswees wese
soos fyn porselein
broos omhulsel om
delikate aroma
haarfyn krake-net
van gekaarte gisters
gestreep deur jare
soos sinapse
op ‘n kronkel-lyn
maar ware waarde
lê in die groter krake
waardeur lig
in die binne skyn
© Grootvissie
Junie 2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.