Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Vreugde

Wêreld in Rooi

Deur Datum gepubliseer: 15 Oktober 2021 Hou van

Rooi mooiste mooi
Rooidag breek in die ooste
Rooikop fisant skaterlag
Rooivink verkondig nuwe dag

Rooi gekelkte angeliere
Rooi rose vir ware liefde
Rooi vleilelie beter geklee as Salomo
Rooiborsduif vir die digter

Rooi beeste op wye vlakte
Rooigras plate, vol in die saad
Rooigrond laat mielies bewe
Rooi trekker draai die sooie

Rooi granaat pitte
Rooi tamatie skywe
Rooi peper geurige kos
Rooi…

Nuwe seisoen

Deur Datum gepubliseer: 15 Oktober 2021 Hou van

In die verlede was dit beslis die mooiste maand, maar die afgelope 2 jaar kan ek nie daarmee saamstem nie. In Suid-Afrika en ander dele van die wereld is baie mense oorlede, talle ernstig siek. Hospitale is oorvol, en begrafnisse het toegeneem. Besighede sukkel met die ekonomie wat verswak…

Die Dag van die Dooies

Deur Datum gepubliseer: 14 Oktober 2021 Hou van

(997 woorde)

Vir die deursnee Westerling is die Mexikaanse tradisie, Die Dag van die Dooies, ofte wel, The Day of the Dead, niks anders as bisar en selfs grillerig nie. Tog is dit in dieselfde oomblik is dit ook bewonderenswaardig omdat hulle sonder skaamte die herinneringe van hul afgestorwenes lewendig…

KROON JUWELE

Deur Datum gepubliseer: 14 Oktober 2021 Hou van

Wolke kom donderend nader blits na blits tref die aarde
maak grom geluide Pêrel druppels tref die lande
grond en water verweef

Ploeg en skaar draai die sooie Diamante kom na bowe
die reuk van grond maak jou lus vir saai
plant en grond verweef

Saailinge gerig soos soldate
word Smarag see van groen blare
son…

Dans van die seisoene (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 13 Oktober 2021 1

Op die maat van die seisoene se sleepvoetwals
Kom September en Oktober se bloeisel-ballerinas
Tippie-toon tevoorskyn
Om die baan te open vir
Blomme en vrugte in die lente
Ellelange snikheet somersdae
Roes en goud vir herfs se oumensjas
Matelose winterkou’ om te ledig tot die droesem
Alte wonderlik is die herhaling
Aljander aljander so jaar vir jaar
Niks en…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 188 gaste aanlyn

Bydraes – Argief