Totale oorgawe
waar jou asem vlermuis hang soos ‘n snoesig-sag-warm-velkaros verby die krombuig van my skouer tas jou vingers soekend in Braille oor die ronding van my rug kom gee jy doekvoettreë oor ounag-spore van maanligtyd in die helder van ‘n sonskyndag as dan die soet van jou tong my kruike boepensvul met smaak van heuning en […]
‘n Ewigheid en nog ‘n bietjie
my oog druppel ‘n liefhê traan in die wye oseaan ‘wyl jou asem minnebriewe stuur na die sekelmaan waar dit eggo op ‘n spierwitduif se tortelbaan hoe lank my lief sal die naglug vra en die bruis van die branders sal my antwoord dra ‘n ewigheid en nog ‘n bietjie daarna © Anzé Bezuidenhout
My leef se rede
in die eggo’s van die jasmyn se reuk skil jou koesterwoorde, sag in eerbied (soos reukwerk wat deur my vingers val tot by die poorte van my hart se grendeldeur) sò bind jy my vas in jou heil’ge Jabesgebied dan kom sypel dankiesê (ge)bede as uitbreek- metafore, deur my lippe se keerwalle want die wasem […]
Splinternuwe dag
waar die son skaam haar maagdevlies in pienk oor horison kom skeur word daglig na roosrooi verkleur sprinkel sy traandruppels in diamant-reënboë oor tenger stingels van die grastapyt dan ontvou sag die mooiste deel van ‘n wonderskone splinternuwe dag © Anzé Bezuidenhout
Want jou liefde sê
ek wil my siel in konfetie snipper sodat my wees soos ‘n Lotusblom statig voor jou oë ontvou (om jou elke hartswens so te vervul) dan in die koel skadu’s van jou hart wil ‘k immergroen varings plant sodat ‘n duisende spore vir jou geluk kan saai – jou na Vrede laat draai ja dit […]
Droomvanger
ek wil vir jou, my lief ‘n droomvanger vleg met engelvlerke versier soos direk van God gestuur kosbare diepsee oesterpêrels doekvoet en sag vasgeryg deur stringe ewige liefde vas en seker geborduur in ‘n agt-puntknoop vasgebind dalk ook tussen in ‘n spieël of twee sodat ons die sonstrale vas kan vang dit iewers aan die […]
Genade-doudruppels
waar ek verdrink in die oseane wat deur jou are bruis lees ek die uitroep sinne in die diepkyk van jou oë en waar jou asem skor jou liefde oor die naat van my vel kom skryf ook in die boog van jou mond hoor ek die soet van omgee sonder grense so plant jy […]
Nes ‘n skugter veldblom
as jou vingers soos rivier-riete wat met water speel oor die kurwes van my lyf kom lees teken jy nes ‘n blinde liefhê tekens in voelbare Braille vul jy elke dorre bars soos welkome reën sodat ek bloedrooi nes ‘n skugter veldblom kan bot © Anzé Bezuidenhout