‘n Ewigheid en nog ‘n bietjie
my oog druppel
‘n liefhê traan
in die wye oseaan
‘wyl jou asem
minnebriewe
stuur na die sekelmaan
waar dit eggo
op ‘n spierwitduif
se tortelbaan
hoe lank my lief
sal die naglug vra
en die bruis
van die branders
sal my antwoord dra
‘n ewigheid
en nog ‘n bietjie daarna
© Anzé Bezuidenhout
7 Kommentare
-
Amaspoke
Pragtig, en nogmaals pragtig!!!
-
Viooltjie
Dit is 'n pragtige gedig. Ek hou van rym. Dit maak die gedig vir my nog mooier :-)
-
Louie
Liefde is tog immers " ‘n ewigheid en nog ‘n bietjie daarna "
-
neels claasen
Wat n pragwerk Anze en by verdien jy jou eerste tien goue sterretjie op Ink
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
borrels
Mooi Anze ... ek hou mos baie van liefdesbriewe.