Nuwe hoop
Daar is min dinge so vaal soos die Vrystaat se Winters, alles is tydelik net eenvoudig dood en ‘n mens sukkel dat jou binneste nie ook so vervaal en verlep nie. Om alles te kroon kom Augustus se wind en waai al wat dood is rond, en dit wat die wind nie in die huis […]
sonblompie vrou
sluk ‘n sonneblomsaad om in jou hart te ontkiem sonblompie vrou draai jou kop na die vlam sodat die strale se geel jou blaartjies se storie goud kan verf dans in die reën sodat die wortels diep en geil sal groei langs die Jordaan se waterstrome vul jou longe met suurstof van onse Heer sodat […]
droomdenker
Droom denker ek droom van hawens waar net ‘n enkel visserboot vasmeer ek droom van raar lelies wat uitbundig blom in Ikabod valleie ek droom van wolke sonder krabbers en ek droom van jou drome sonder gesigte drome sonder ‘n einde drome sonder drome drome sonder Ikabod valleie ek droom van ‘n veilige hawe waar […]
Die wet van die feëtjies
Die wet van die feëtjies 909 woorde, brons kategorie Polimiek, politiek en realisme ter syde. Jy is nooit te oud en geleerd om ‘n ietsie te vat van elke interaksie wat jy het nie. Hoe groot en glorieryk, of hoe klein en niksseggend dit ookal lyk nie, Maak nie saak hoe groot jou woestyn is […]
IKARUS
IKARUS Ek en die sterre van Orion hou ‘n nagwaak vir jou Sodat jy jou pad sal vind deur Nastergal valleie Sodat die mis voor die Noordster kan verdwyn En jy jou voetpad naby aan die son sal vind Ek en die heelal huil oor jou Oor jou vlerke wat sleep in die onvrugbare grond […]
GEBOUE VAN VLEIS
Brons Kategorie 948 woorde GEBOUE VAN VLEIS Ken ons mekaar ooit? Het ek al jou gesig gesien? Ek glo nie. Jou mensgesig is perfek aanmekaar geweef sodat jy, eintlik gees, ‘n prentjie kan wees. ‘n Lyf om jou op aarde te dra, te verteenwoordig en waarin jy kan “woon”. ‘n Lyf wat jou tydslyn kan […]
Om aan te hou
. Ek sal aanhou dans as dit donker word Tot die môrester weer in my hart opkom Tot die swaeltjies weer op my leë stoep nesmaak Totdat ek die oase vind in my woestyn Ek sal aanhou sing al is my liedjie klaar Op gebroke mineur my kop draai na die son My esens stuur […]
Kanferfoelie Genade
As die kanferfoelie blom in die nanag uur langs die heining om my hart Slaan ek my tent op in die melkweg se boeg Sing ‘n naaldekoker my ‘n wieglied op die maan Braai ek my karmenaadjie op die kooltjies van die noordster se as As die kanferfoelie blom spat sy kleur ‘n masker oor […]