
Aangeraak
Ek glo..
Ek hef my oë op na die berge en ek hóór hoe die kranse U antwoord gee
Waar my hulp sal vandaan weet ‘n mossie op ‘n vyeboom
My laaste sade tolbos my gebede
Het ‘n mosterdsaad geland op ‘n groen graspol langs die Jordaan se geil en groen
En ek glo in God die Vader
As die hemele getuig met donderslag oor die droë karoo
As die aandwind boodskapper ‘n veer liefdesbrief voor my voete lê
Hy skryf my naam in die palm van Sy Hand
En wag vir my om uit my tent te kom na my Vader se Huis…
Hi is Hy
en ek is wie Hy sê
Ek glo aan God die Seun
Hy skryf my naam met Sy bloed op die Melkweg se kruis
Ek glo wanneer ek op die water kan loop nadat my hoop al gesink het tussen die sinkplaat paaie in my siel se wegkruipplek
Ek glo wanneer ‘n komkommerbos voor my woestynson ingroei
Hy is Hy
en ek is wie Hy sê
Ek glo wanneer ek Heilige Gees se sagte fluisterstem my naam hoor roep
Wanneer die wind butterfly kisses oor my hare huppel
Ek glo wanneer my hart in ‘n lugleegte vol Vrede sweef in die middel van Chernobiel
Ek glo want Hy het saggies aan my geraak…
net kulu
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.