U stuur ʼn lemoenduifie
ek sit op my draadstoeltjie “bo-op” die sementbraai sodat my oë aan die horison kan hang – om te sien tot dáár waar uitkyk sy bloute kleur en die spikkelbome sonstrale vang maar hier deur die laagte, sug my gemoed soos koue mis en vou sy vingers om my benerige siel terwyl alleen sy skoene […]
Tannie Tokkie Toeter en die lykswa
Tannie Tokkie Toeter was ‘n baanbreker. Dalk nou nie ‘n baanbreker soos Marie Curie of Katherine Johnson nie, maar op Philippolis is die verwagtinge darem ook maar anders as in die stad. Nee, tannie Tokkie Toeter het genoeg geld gehad om altyd die nuutste en beste van enige iets te hê. Sy was byvoorbeeld die […]
goedertrou
oor my duin stap daar soms enkelinge met eie idees dikwels groepe wat laggend gesels meer dikwels niemand nie vir dae lank is dit stil so lê mense ook gedagtes bloot op sosiale media onbewus van goedertrou daar buite sluip ander wat in “goedertrou” leef hul floreer op goedertrou daar kry hul die meeste pret […]
sweef
“Vincit qui patitur” spikkel rooibosduif kyk vir my spikkelduif koo-koo vir my; en ek staar soos hy staar, namekaar-koo-koo, vir stralende warm son strale wat vir ‘n oomblik streelend ons enig soos twee verlorenes opsoek, opsoek na liefde in die stilte van die siel, wat ritzel in bruin verbluikte takke van winter waar die gisters […]
Net na dagbreek het ek jou vers gelees
(goud) Tóé wou ek weer skryf: oor hoe nagte lewe as skopsuile in die donker roep en as jakkalswelpe huil, hoedat die kras van honger meeue in die holte van my oor kan skuil, dat ek die fluitsang van ’n suikerbek wil eggo met my mond en dat ek wis hoe duisend hoewe dreun as […]
Verganklikheid
‘n lewensvlam word brandgesteek met eerste asemteug flou, flikkerend deur skadu’s omring voortdurend die wedloop tussen uurglas en lont met elke asemteug só terstond dreigend die stormwind van siekte of geweld meëdoenlose wedywer om voortydige blus maar, genade suurstof lig laat hoop telkens opvlam met wil om te veg gedryf deur oorlewingsdrang met uurglas se […]
Nonnetjie (BRONS)
Nonnetjie Saans kom jy hartjiewit geruisloossag op donker dakke sit. Hoe kan iemand daarin onheil sien? Hoe ondeurdag, hoe sinneloos om jou te merk as boos? Hoe strooi hul goedsmoeds sonder spyt die gif wat húl eerder verdien? Ja, deurnag huil die vraagverwyt wat in jou aandroep skuil: Hoe-hoe? ©ASvdMerwe
EK IS – (goud)
Ek is die seemeeu; speels in die wind ek is die brander wat met laagwater hoog wil vlieg en soms is ek die klank van jou stem ek is die aand saam met jou onder die palms toe ons nog kon lag en borrelhartig baljaar maar vanaand is ek die stilte in jou gister se […]
Bloedmaan-Karoo
op ’n ander Karoonag het die maan bloed gebloei; roes het haar wang in die donker gegloei wat is dit dan aan die maan en haar lig – sy heel jou, sy breek jou sy word ’n gedig wat binne jou sluimer en wag op ’n woord wat jou siel met jou sinne laat rym […]