Jongste aktiwiteit:

A cappella

 

 

eensaam en alleen

sit ek op my duin en luister

na die welbekende bas stemme

van die verlede wat A capella na my kom

baanbrekerstemme wat vandag polities negeer word

stemme wat onuitwisbare spore op ons nagelaat het

stemme wat ons siele steeds raak in skoonheid

die reinheid daarvan bereik steeds my gees

tussen die raasheid van die golwe

wat wit soomspoortjies laat

op die wit seestrand

van my hart

mag ons

kinders

nooit

die rykdom

van ons erfenis

vergeet nie

mag dit in hul harte

ook vreugde bring

oor hul herkoms

geskiedenis

mens-wees

 

© Tearach.

(Rudi Neitz het lank voor 1994 bewys dat die suiwer mensstem (sonder instrumente) ‘n reuse-treffer in die Afrikaanse mark kon wees.

  1. Wias van Wyk
  2. Die Minnesangers
  3. Ge Korsten (in sy vroeë koor- en manskanderings)
  4. Manie Jackson se vroeë invloede (Die Kerkkoor-tradisie)

Om die musiekbedryf werklik te verstaan, moet mens die hele prentjie kan sien. Kunstenaars soos Rudi Neitz en Wias van Wyk het met ongelooflike stembereik en pioniers-ateljeestyl ‘n blywende stempel op Afrikaanse musiek gelaat. Net so het die tradisionele Isicathamiya- en Gwijo-style aan die ander kant van die kultuurbreuk ‘n unieke Suid-Afrikaanse stempel op die wêreld afgedruk.)

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed