Jongste aktiwiteit:

Knerslaagte (Goud)

sou ek ’n hartsplek moes kies,

kies ek jóú, met klipkoppe en al

 

onse voorouers roep dié plek Knerslaagte:

waar klip teen klip ou Godgesprekke slyp

en die wind met sand tussen sy tande loop

 

woorde word hier spaarsaam gebruik,

want woorde kos water in die mond

 

teen skemer skuif skadu’s tydsaam nader

en stilte kom sit langs jou op die stoep

 

die aarde huil nie hier nie,

sy kners haar seer tot fyn wit gruis

onder jou voete

 

 

©Marlene Erasmus

16/06/2026

*Knerslaagte: ’n fiktiewe streeknaam vir die laagte waar klip teen klip en tand teen stilte skuur.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed