Onseepkans (Goud)
ek is ’n gebore kanaalaap-kind van Upington
met modder van die Oranjerivier aan my voete
ek ken die hitte van die bloedige son op teer
as ons stop-stop hardloop na die munisipale swembad
by Onseepkans, waar die rivier sy draai onthou
en mens kans kry om seep af te spoel
hier skryf mense hul kom-en-gaan
teen die wind en hitte van hierdie streek
ek lees nie name nie, ek lees verlange
Springbok toe, Pofadder toe, huis toe … weg
en onder die skraal genade van ’n enkele boom
hoor ek die Oranje nog diep met mý praat
©MarleneErasmus
16/06/2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.