Jongste aktiwiteit:

gemeensaamheid

 

 

op sosiale media

onpersoonlik en koud

vorm dit die sosiale gom

wat mense laat skakel

 

anders as persoonlike

introvertiese sosiale gedrag

praat wildvreemde mense met

mekaar asof ou vriende

 

tussen die allegaartjies

van pseudo-komediante-twak

groei daar gemeeensame kontak

in woorde wat gevoel dra

 

hoewel dit vaag kan wees

ondersteun mense mekaar selfs

deel agter-die-skerm-oomblikke

in lag-en-traan-gebeure

 

mense se vrae word gevra

soms positiewe antwoorde gevind

waar dit opreg kan wees vir elkeen

maar soms ook gevaarlik

 

in hierdie “toe-wêreld”

is dit ‘n “uitlaatklep” vir eensames

selfs onder streng skerm-anonimiteit

van “geslote-profiele”

 

hierdie gemeensaamheid

kan egter selde ware persoonlike

vriendskappe met wedersydse respek

totaal vervang – dalk net aanvul ?

 

sosiale gemeensaamheid

bly soos ’n regte “straatfees”

waarna mense terugtrek na hulself

in hul eie eensaamheid terugsak

 

© Tearlach.

 

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed