Jongste aktiwiteit:

Binnedisse

sag sluip dit deur jou are
jaar na jaar
dieselfde bloed
in dieselfde mense
met ‘n hartklop, ‘n asem
en duisende drentelente gedagtes

buite buig almal al te graag saam
jy verduidelik
hoekom dieselfde mens nou so anders lyk
maar jou hart ruk nog ‘n binne-ding uit
‘n lyk en ‘n paar skerwe
jy staar na die gemors

en wonder

was dit ek
was dít in my
heeltyd met my
of is ek maar net die doodsels binne my
wat hierdie bydisse opdis

© Mrt 2020 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed