Hoe ry die boere – 2
HOE RY DIE BOERE – 2 Geskryf deur Fanus Strydom 2529 woorde Die eerste skof, tot by Warmbad, verloop seepglad en sonder enige verdere, onverwagse voorval of onnodige oponthoud. Die pad is besig, en dit vat pa maar ‘n rukkie om homself in ‘n gerieflike ryposisie in genesskrop te kry, met sy regtervoet gemaklik op […]
likeur
vol stof en padmoeg kom hulle hier aan in sulke optogte van oral se registrasies so ver as die noorde selfs dié ooskus daag ook op vir plesier en mooiweer het hulle gekom handoeke en strandsambrele sonbrand middels en baie kiste bier meeste mense darem goed gemanierd arme weskussers betaal weer van vroeg in november […]
dribbel
koue winters oggend die ryp kraak onder sy voete boeksak oor die skouer gehaak trippel hy vrolik oppad skooltoe gedurig besig met sy voete dribbel hy die rugby bal swaar van die nat ryp gly dit saggies aan in sy gedagtes net een ding daardie laaste paar treë oor die doellyn met sy groen springboktrui […]
ek droom… (Silwer)
madeliefie in die hand en wonder of die liefde my ooit weer sal besoek min-hy-my-vergeet-hy-my het hy ooit geweet van my?
Visvang in die vlakwaters.
VISVANG IN DIE VLAKWATERS Geskryf deur Fanus Strydom 2763 woorde Die grondpad van die opstal af dam toe was vêr. Baie vêr. Maar gelukkig afdraende omtrent al die pad. Behalwe vir een vervelige, lang stuk waar dit eindeloos reguit en onophoudelik gelyk voor mens uitgestrek het. Tot by die plek wat gevoel het soos die […]
Wegstap gedagtes (goud)
Soms stap mense aan party draai om (soos Lot se vrou) ander gee net eenvoudig nie om nie ék stap maar net voort meeste medemense stap ook sommer net party van hulle is kompasfoos rigtingloos en bestemming gek my bure gaan nêrens nooit hul bly net hier jy het weggestap hy het ingestap ek was […]
Emosies, gevoelens en bedoelings
Emosies, gevoelens en bedoelings Elke sin kom van diep uit die kamers van my hart liefde, blydskap, seer en soms ook verward al my emosies word sorgvuldig neer gepen steeds wil dit voorkom of jy my nie regtig ken Onbeskryflik lief is ek vir jou tog kan ek skaars vandag van jou hou jy het […]
Die prys van roem (660 woorde)
Droom ons almal nie maar van kleins af om eendag beroemd of ryk te wees nie? Om geken te word as iemand wat uitmuntend presteer? Heelbo aan die suksesleer te kan staan. Die beste te kan wees in wat ons doen. Te kan doen wat ons wil, wanneer ons wil, en te gaan waar ons […]
van toe af
sy gesig vertrek van onthou woorde van sy pa hamer hom hulle sal ons nog vertrap slegs met hul getalle sal hulle ons oorheers sy onderbewussyn trek skeef elke gebeure van die tyd bring onaangenaamheid maak hom negatief oor alles alles wat is, was al gewees herhalende familie-trekke dieselfde konserwatiewe denke oor en oor weer […]
op die rug van ‘n tydlose swerwer
op die rug van ‘n tydlose swerwer bo my spoel helder maanlig oor ‘n donkergrys *swerwer helder silwerskyn van sy vormlose buitelyn lig my van die grond af sit my op hom neer ongestoord, ongehinderd sweef ons voort al vinniger tot die °vinnigste onder my vanaf ronde horisonne blits skitterende ligseine sterk vloeiende neonkleur-riviere in […]