
dribbel
koue winters oggend
die ryp kraak onder sy voete
boeksak oor die skouer gehaak
trippel hy vrolik oppad skooltoe
gedurig besig met sy voete
dribbel hy die rugby bal
swaar van die nat ryp
gly dit saggies aan
in sy gedagtes
net een ding
daardie
laaste paar
treë oor die
doellyn
met
sy
groen
springboktrui
en die skare
wat hard
juig
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.