warrelwind-drome (SILWER)
Warrelwind-drome
Desembermaand, son see en kastele in die sand
matrieks op eerste vakansie alleen, onafhanklik vry
hoor ek die lied van die wind wat speel op die strand
een kyk in jou smaraggroen poele verdrink ek bly
veel later word minute ure en ure spoel oor in dae
ek proe die sonskyn op jou lippe as ons sag soen
geluk spoel oor die maanverligte strand in vlae
toekoms rooskleurig voorspel soos ons dinge doen
verlief verlore in ons jeug beloof ons ewig trou
jare later met silwer in ons hare en stadige stap
vir ons het die lewenspad uitgespeel soos ons wou
ek proe steeds die sonskyn in ons laaste prettrap
©Marlene Erasmus
18/12/2022
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2022- Samesyn projek