Jongste aktiwiteit:

’n Vleiland sneuwel

Na vyftig jaar stap Johan weer op die voetpaadjie wat deur die kranse kronkel tot by die vlei.
Daar is ’n opgewondenheid in sy hart.
Dit was die mooiste vleiland wat hy nog ooit gesien het, dink hy.
Plek-plek was dit oortrek met die pragtigste waterlelies. Naaldekokers soos klein helikoptertjies het heen en weer oor die water gevlieg, ’n oomblik op ’n waterlelie se blaar gaan sit en dan weer opgestyg.
Die groot rietbos was altyd ’n mengelmoes van klanke. Vinke en wewers het heen en weer gevlieg en nessies gebou. ’n Bloureier het rustig in die vlak water op een been gestaan, asof hy die hele toneel gadeslaan. Kort-kort het ’n visvanger vanuit die rietbos op iets in die water afduik.
Dan word Johan se gedagtes met ’n skok teruggeruk na die werklikheid.
Waar daar eens ’n pragtige vleiland was, is nou sinkhuisies en berge rommel, so ver as wat die oog kan sien.
“Waar is die vlei? Waar is die rietbos?” prewel Johan saggies, met trane in sy oë.
Hy kyk lank na die plek waar sy herinneringe nog leef.
Sy geliefde vleiland het verdwyn onder die mens se selfsugtige politieke druk op die ekologie, om plek te maak vir ’n wêreld van sink en rommel.
————————————oooOooo———————————-
Pieter Mostert
[217 woorde]

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed