Ek het maar net gaan kyk
Ek het maar net gaan kyk…
‘n Lewe vol reëls ken ek goed.
Meer mag nie as mag. Nou is die pad waar ek loop met ‘n strop om my nek geknoop.
Stil, op my eie, stap ek af in die straat; ek hoor geluide van geluk en lag.
Baie liggies voor die deur, geld wat val, iets sterker as koeldrank word beslis hier gedrink.
Party rook, ander se snaakse, onbekende sigaret se reuk hang in die lug.
‘n Stom stem binne my nooi my in; ek grou vir sente en laat die masjien voor my sing.
Drink van die koeldrank met iets in, en skielik lyk vryheid soos ‘n wêreld sonder grense.
Die lag het gestop; ek wens ek kon myself skop.
Geen geld meer in my sak, my spore loop soos dié van twee.
Miljoene stemme raas hier in my kop terwyl my wêreld draai.
Ek het net gaan kyk…
Al wat ek toe, op die einde, goed kon sien, was die gesig van spyt.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.