Ydelheid
Hoe verganklik kan mens wees
ploeg met ander man se kallers
grootmanskap mammon verrot
ydelheid onbeduidende nikswerd dinge
gekoppel aan wereldlinge skaamteloos
behaagsiek en ingenome met eie ek
pasop! haastig hond verbrand sy mond
praalsiek ligsinnig sonder nut
ydel vermaakte woorde sonder grond
vlamme dans in my rond vuurspuwende bol
kook in my binneste op van aggressie
my hoop net op God, gekrenk is my hart
sinnelose het die Woord geword vir hulle
wat in ydelheid roem niksseggend voortploeter
skaamteloos met die Grootheid mors
Mag genade my keer dat ek nie onverwags
met aanvallende optrede uitgelok word
so behoed my Vader my in kalmte.
©Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.