helder duisternis (BRONS)
helder duisternis uit diep donker duisternis is daar gevorm die aarde die hemel die lig en die donker afgekyk glimlaggend gesien “goed” die norm met beloftes van hoop wat in skemer flonker maal mense met menigte eie-ek taktiek oorgehaal om te eet van die boom van intellek verval verlore in die oormaat van kennis – […]
Die ou man se winter
Ek het gevoel soos ‘n haas in ‘n aankomende stel kopligte. Verlammende skok. Jeanie was weg. Ek het uit die ou leunstoel gebeur; geswets omdat my ou beendere so gesukkel het om saam te werk. Toe ek orent is, kies ek dadelik koers kombuis toe. Jeanie se plek. Daar waar sy haar dae vertoef het […]
SKRYWERSVRYHEID
SKRYWERSVRYHEID (brons) (akrostigon) Van die dag wat my ink kon gly oor blad, my vingers kon dans oor letters Rakend aan woorde wat liedere speel op my hart se snaar Ydele gedagtes speel uit soos feë wat baljaar in die maanlig saans, sprokiesagtig Hemel op aarde moet voel soos diè Etlike oomblikke waar ek voel […]
Naamgedig (Akrostigon) (BRONS)
Vryheid is aan ons almal beloof Rakende keuses wat ons kan uitoefen Ysingwekkend die gedagte dat ons Heeltemal ons eie oordeel moet gebruik Eiewys die besluite wat ons soms neem Insiggewend die skokgedagte Dat vryheid jou ontneem kan word ©Marlene Erasmus 30/06/2020
VRYHEID GEKOOP DEUR U
VRYHEID GEKOOP DEUR U (brons) in die wind wat ritsel deur die bome en die duifie wat koer koer oor die horison met die son wat glinsterend loer oor die gesigseinder daar vind ek my vrede in die branders wat breek en die geluid van die see se gesuis in my ore met die mis […]
Kruip na Vryheid
Feërie het verander. Té veel na Brody se smaak. Dinge het verskuif en op onnatuurlike maniere beweeg. Ondanks sy onberispelike voorkoms, was hy ‘n borrelende gemors binne. Elke keer as ‘n tropiese blom blom, krul hy innerlik ineen. Dit was gevaarlik. Hy kniel om die laaste heideblomblare op te tel. Flitse van vernietiging – Feërie […]
Die prys van Vryheid
Stergradering : Silwer Woordtal : 1217 Vryheid – die distrik waar my pa byna 93 jaar gelede op hul familieplaas gebore is. Saam met my daaglikse porsie mieliepap-en-melk het ek dikwels ook ʼn goeie les in geskiedenis gekry en die herinneringe aan sy passievolle vertellinge kan my tot vandag tot op die rand van trane […]
later
later is soos kookwater hoe langer dit kook hoe minder bly daar oor die lewe bly ‘n lied maar as jy dit nie sing verdwyn dit in verskiet oor my duin vervlieg tyd hartsbegeertes stroom verby daardie onvoltooide kryt die doek waarop jy skilder met jou verf of bloed laat helderheid of surealiteit met ink […]
VRYHEID IN VROUWEES
VRYHEID IN VROUWEES (brons) Vryheid – ‘n konsep wat ons dikwels as vanselfsprekend geag het. Onlangs het die inperking van die pandemie ons kom leer dat dit eintlik ‘n voorreg is. Wel van toepassing op baie verskillende aspekte in ons lewens – sit en dagdroom ek vandag oor wat vryheid presies vir ‘n vrou beteken. […]
Soeke
Oor vastelande heen gereis, oseane en seë deurkruis die lugruim ingeklief en tussen die hoogste wolke gesweef selfs oorloë en opstande beleef nêrens daar vryheid gevind – is dit slegs ‘n woord ‘n waanbeeld, dalk net misplaasde hoop? Gaan eerder en vind grafte waaroor jy nog rou grawe dit oop om jou siel te verlos […]