later
later is soos kookwater
hoe langer dit kook
hoe minder bly daar oor
die lewe bly ‘n lied
maar as jy dit nie sing
verdwyn dit in verskiet
oor my duin vervlieg tyd
hartsbegeertes stroom verby
daardie onvoltooide kryt
die doek waarop jy skilder
met jou verf of bloed
laat helderheid of surealiteit
met ink en pen het ek geskryf
oor berge en oor dale
my hart ontbloot in skewe hale
digter skryf met oorgawe
wat hy beleef en waarneem
soms wat uit sy hart kom
baie erkenning kom eers later
generies of emosioneel
soms eers onder ‘n kantelson
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.