Genade druppelreën
die Roos van Saron lê teen my gewete wyl my lewe soos verdroogde fynbos staan en offerloos skadu teen die berg van my hede wat plek-plek skroei en verbrand tot as dan… hoor ek ʼn ritseling in die stiltes van vergeet, sien ek Sy kleed oor die bloei van my seer en Sy genade wat […]
Blaarval van die maan (Brons)
langs die hoofpad van omgee staan die takke trio trots dog bekragtend strak afwagtend op die maan se silwer voeteval dans in die glans sonder jou lans die sinnebeeld is onverdeeld binne die geelstreep sonder dweep onder sterreprag met jou eerlike drag weer ‘n keer vlei hy hom neer vlietig vluitig dalk stuitig silwerrug teen […]
Covid-oordenkings – ʼn “Blessing in Disguise” :
(Woordtelling 400) Na ʼn jaar van gedwonge inperking en probeer om nie in die openbaar te hoes nie, kyk ek bietjie terug en tel my seëninge. Skoonseun was veronderstel om Januarie 2020 by ʼn lugredery te begin werk, maar omdat die maatskappy onder geldelike stremming was, is alle nuwe aanstellings en opleiding onmiddellik opgeskort. Natuurlik […]
Verskuif jou fokus in Paastyd. (SILWER)
Verskuif jou fokus in Paastyd. As ons Paastyd binnegaan herdenk ons ʼn tyd van intense lyding: Jesus se lyding. In die tyd waarin ons leef, is dit egter ook die tyd van vreugde en vrolikheid. Christene vier wêreldwyd die feit dat Jesus die dood oorwin het. Dit is beslis ʼn hoogtepunt in die jaar en […]
Toe Paasfees amper sonder eiers was. (SILWER)
Toe Paasfees amper sonder eiers was. Carter woon saam sy sussie Ava by hulle mamma. Hy het ʼn goue bol krulle en ondeunde groen oë. Wat niemand weet nie is dat Carter ʼn groot geheim het. As sy mamma bedags gaan werk, klim Carter in sy klerekas en wikkel die hout agter in die kas […]
Paashaas se geboorte. (SILWER)
Paashaas se geboorte. In die Romeinse gebied van Germanië woon daar ʼn wonderskone mooi jong dame, Eostre. Sy is nie ʼn gewone jong dametjie nie, maar sy is die godin van dagbreek en lente. Sy is baie geliefd onder haar mense en is ʼn vrolike, opgewekte blondekop. Waar al haar vriendinne vriende het, is Eostre […]
hoekom Pase (SILWER)
hoekom Pase Paasnaweek beteken vir baie slegs bonteiertyd vakansie word beplan en motors word gepak feestelik opgeruimd met eetgoed tot teen die dak die Paashaas versteek eiers orals in mallejolyt heel vergete ons was eens slawe van die sonde tot die blye tyd toe Jesus vir ons sou kruishang die idee aan Sy bloedsweetpad maak […]
Meditasie as medikasie
(woordtelling 397) As ek my familie en Christen-vriende moet glo, is ek verseker met haastige treë op die breë pad na daai gevreesde warm plek want sien, meditasie is mos iets van die bose. Joga ook, al beoefen ek nie Joga nie maar eerder Pilates. Vir die oningeligde is dit egter een en dieselfde ding […]
Om te eier of nie te eier nie
Paasfees is ‘n wêreldwye fees alhoewel nie almal dit op dieselfde manier vier nie. Die eerste Christene het Paasfees “Pasga” genoem, ‘n Hebreeuse woord. Waarvan die oorgrote meerderheid van Christene dalk nie bewus is nie, is dat die oorsprong van die woord “Easter” afgelei is van die godin se naam Eostre en hierdie fees het […]
Die Boodskap
Begin jou dag met! Stiltetyd, lees uit die Bybel en God se leiding sal jou lewe versterk. Daar is baie instansies om gratis aan te sluit, wat jou leer om ‘n getroue Christen te wees. Dit is belangrik want dit help jou om in die lewende God te glo en geestelik te groei. Hy gryp […]