Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

April 2021 – Oordenkingsprojek

Beste INKers

Ek wens een en elkeen wie Paasfees gedenk, ‘n geseënde en heilsame fees toe. Mag die samesyn, die herdenking en oordenkinge vrugbaar wees in jul gees. Dié INKers wat nie Paasfees herdenk nie, mag dit vir julle ‘n veilige en kosbare ruspose wees in ‘n besige jaar.

Hierdie maand wil ek die Pase gebruik as metafoor vir ‘n periode van oordenking, as projek. Selfs dié lede wat nié aan die gebruik deelneem nie, kan ook aan die projek deelneem. Dit is nie noodwendig ‘n geestelike (godsdienstige) projek nie. Gebruik die stil word, introspeksie en herdenking van iets groter as onsself as ‘n vertrekpunt vir jou skrywe.

GEDIGTE:
1. Nie langer as 10 reëls nie.
2. 2 Kwatryne en ‘n koeplet.
3. Ten minste 2 neologismes wat onderaan jou vers omskryf moet word in ‘n voetnota.
4. Enige rympatroon of vryvers.
5. Tema: Oordenking
6. Jou titel mag nie “oordenking” as ‘n enkelwoord wees nie.

GORREL:
1. Nie langer as 400 woorde nie.
2. Dui jou woordtelling aan langs jou titel in hakies.
3. Tema: Oordenking

RUBRIEK:
1. Nie langer as 400 woorde nie.
2. Dui jou woordtelling, in hakies, langs jou titel aan.
3. Tema:. Maniere om in oordenking te tree. Meditasie ens.

ARTIKELS:
1. Skryf ‘n goed nagevorsde artikel oor die verskillende maniere waarop mense regoor die wêreld Paasfees herdenk.

VERHALE:
1. Nie langer as 800 woorde nie.
2. Dui jou woordtelling, in hakies, langs jou titel aan.
3. Tema:. Paasfees (enige fees egter) in die jaar 2121. 100 jaar van nou.

Skryf in Afrikaans, dit is die moeite werd

Gebruik die geleentheid om jou eie stempel op jou werk af te druk.

Skryf heerlik in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder
*Skryf in Afrikaans, dis ‘n goeie gewoonte.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

April 2021 – Oordenkingsprojek – Kommentaar en uitslae

Deur Datum gepubliseer: 12 Mei 2021 15

Baie geluk aan hierdie 12 lede!

WENNERS
GEDIGTE
GOUD:
1STE: No 2 Anzé Bezuidenhout met Asemlose denke
2DE: No 17 Caren Kearly met Wie sal my kan red?
3DE: No 3 Anzé Bezuidenhout met Bepeinsing

SILWER:
1STE : No 11 Elmarie Nienaber van Kampen met Die reuk van mis
2DE: No 10 Andries Fourie (Seirdna) met Vlugteling
3DE: No…

Genade druppelreën

Deur Datum gepubliseer: 30 April 2021 14

die Roos van Saron lê teen my gewete
wyl my lewe soos verdroogde fynbos staan
en offerloos skadu teen die berg van my hede
wat plek-plek skroei en verbrand tot as

dan… hoor ek ʼn ritseling in die stiltes van vergeet,
sien ek Sy kleed oor die bloei van my seer
en Sy genade…

Covid-oordenkings – ʼn “Blessing in Disguise” :

Deur Datum gepubliseer: 30 April 2021 15

(Woordtelling 400)

Na ʼn jaar van gedwonge inperking en probeer om nie in die openbaar te hoes nie, kyk ek bietjie terug en tel my seëninge.

Skoonseun was veronderstel om Januarie 2020 by ʼn lugredery te begin werk, maar omdat die maatskappy onder geldelike stremming was, is alle nuwe…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 81 gaste aanlyn

Bydraes – Argief