Jongste aktiwiteit:

hoekom Pase (SILWER)

hoekom Pase

Paasnaweek beteken vir baie slegs bonteiertyd
vakansie word beplan en motors word gepak
feestelik opgeruimd met eetgoed tot teen die dak
die Paashaas versteek eiers orals in mallejolyt

heel vergete ons was eens slawe van die sonde
tot die blye tyd toe Jesus vir ons sou kruishang
die idee aan Sy bloedsweetpad maak ons bang
deur Vadersplan kom verlossing deur Sy wonde

mag ons met sekerheid weet Hy het opgestaan
om plek vir ons te berei het Hy vooruitgegaan

©Marlene Erasmus
29/04/2021

Neologismes:
bonteiertyd: geverfde eiers in Paastyd
mallejolyt: dol leë gejaag na plesier
kruishang: gehang aan ʼn kruis
bloedsweetpad: op lydensweg bloed gesweet
Vadersplan: die Vader se plan vir ons redding




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed