Na soveel jare
Na soveel jare…
Ons was in die paddaklas,
dit kan ek nog goed onthou.
My klei was geel,
joune blou.
Jy het ons nog
smaaklik aan dit laat kou.
Die ander kinders
was vir ons te veel.
In ons eie wêreld
het ons gespeel.
Die grootmenswet
het my beste maatjie
by die skool kom steel.
Die son het verdwyn.
Geen maatjie meer
om mee te speel nie.
Sou ons net weer
eenkeer kon wegglip
en by die groot kinders
se kant gaan speel?
Na al die jare
vind ek jou weer.
Jy is nou
‘n Weskusnooi.
Ek is weer terug
hier waar ons eens was.
Ek ry soms nog verby
die paddaklas.
Gelukkig,
deesdae sonder enige vrese
oor wat van Celeste geword het.
Voor jy vanaand gaan slaap,
wil ek net weer
dankie sê
vir die skaap…
Was dit nie vir Celes die skaap nie,
sou die lewe ons dalk
vir altyd weggeruk het.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.