
Sweef op ‘n droom
Voel jy die saadjie verkluim
diep in die sneeu begrawe
sal jy tog ‘n sonstraal bring
om sy wortels te kom lawe
Hoor jy die straaltjie doer
in die magtige oseaan
stuur jou sterke seestroom
om sy weg oop te baan
Sien jy dalkies ‘n vonkie
in die stikdonkerste nag
voorsien aan hom ‘n vlam
so skitter hy met krag
Kyk, die klein seilskepie
op ‘n stormagtige aand
flits dan as sy ligtoring
wat heelnag lank bly brand
Maar hy is nie een van die
nie ‘n saadjie, stroompie
vonkie, of ‘n skepie nie
slegs ‘n normale individu
Aldus benodig hy geen
son, vlam, lig of stroom
want met jou in sy lewe
sweef hy op geluk se droom
6 Kommentare
-
-
neels
Pragtig gestel evelyn
-
Amaspoke
Ons drome hou ons aan die gang, baie mooi bewoord
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
solank mens kan droom is daar hoop.. pragtig vasgepen!