ZIA
Zia mag ouma se liefielyf vele vreugdes ervaar waar jy nou in ʼn nuwe skooltjie begin mag jou juffrou sommer baie van jou hou mag jy in jou eie pienk toorfeetjie bly glo as jy die reënboog se kleure aanskou mag jou giggelgeel laggie rinkel soos klokkies mag jou lig helder skyn soos engelvlerkies wat […]
Januarie 2023 – Projek NUUT
Beste INKers Mag 2023 vir julle elkeen ekstra woorde bring, jul talent skerp maak soos ‘n tweesnydende swaard; mag die deur van jul harte en gedagtes geolie wees sodat die verse en stories gemaklik en sonder inspanning vloei. By die aanbreek van die nuwe jaar is die tema vir hierdie maand se projek enige van […]
Hoe ry die boere – 2
HOE RY DIE BOERE – 2 Geskryf deur Fanus Strydom 2529 woorde Die eerste skof, tot by Warmbad, verloop seepglad en sonder enige verdere, onverwagse voorval of onnodige oponthoud. Die pad is besig, en dit vat pa maar ‘n rukkie om homself in ‘n gerieflike ryposisie in genesskrop te kry, met sy regtervoet gemaklik op […]
My moskombersie.
My moskombersie. Ek sit en verlustig my aan die vrolike gelag en geskerts van my vriende. Vir my is dit ʼn groot voorreg om in die geselskap van my hartsmense te wees, mense wat hulle nie laat onderkry deur die klein uitdagings van die lewe nie. Aan die ander kant is dit ook opvallend dat […]
My hart se tuiste
‘My huis is waar my hart is’ en my hart is by klein voetjies wat dwarsgespoor oor my oumalewe lê sagte armdrukkies wat meer as woorde sê en liefdesogies wat samesynvreugde kaats. Wat meer wil ‘n ouma dan vir Kersfees hê as SO ‘n koester-tuiste? ©Driekie Grobler (12/2022)
Geluk se goue draad.
Geluk se goue draad. Desember het aangebreek! Vir my beslis die wonderlikste tyd van elke jaar. Tyd vir sonskyn, soel someraande en samesyn. Volgens die woordeboek beteken samesyn – ʼn toestand van saam met mense te wees; om in ander se geselskap verkeer. Kersfees is die tyd waar familie en vriende saam tyd spandeer om […]
wasig
ek reik uit na die sterre my siel sweef ver in die kosmos my soeke na ‘n plek van vrede my hart bons van verwagting my ikarus-vlug neem my ver bo alles in die skepping wat bekend is altyd soekend na die vredes planeet telkens opgewonde, nooit tevrede my eenvlerkvlug skroei my onvervuld begin ek […]
Geboorte in Bethlehem
Brons (884 woorde) Op ‘n plaas so 50 km buite Bethlehem in Vrystaat word daar orals gewerfskaf vir die BethlehemFees wat oor die naweek plaasvind, net Maria moet dit eintlik so bietjie rustig vat. Sy het sover ‘n gesonde swangerskap gehad, maar met die dat haar tyd nou naby is, moet sy kort kort iemand […]
Ekwilibrium (Goud)
Vanwaar ek aanskou hoe jou inner-arend verbete baklei om te lewe en te oorleef in die lydende stryd waanin jy – sielsmorend – gemartel word spook en spartel mý innerwese (besete) om te oorleef en te bly leef om jou in ewewig te hou.
Liefplek (silwer)
Hoe lieflik is jy tog geknelde land met jou witwarm son wat ‘n barshou kan brand oor jou sandveld met ysterklip swart besproet waar dorperskaap geil op jou geelgras voed hoe beny ek jou wysheid, wil ek jou eer vir dit wat jy my oor die lewe kon leer as jy verskroeid en weerloos veerkragtig […]