Liefplek (silwer)
Hoe lieflik is jy tog geknelde land met jou witwarm son wat ‘n barshou kan brand oor jou sandveld met ysterklip swart besproet waar dorperskaap geil op jou geelgras voed hoe beny ek jou wysheid, wil ek jou eer vir dit wat jy my oor die lewe kon leer as jy verskroeid en weerloos veerkragtig […]
Winkeltjies om oor huis toe te skryf
(woordtelling 1717) So byna verstik ek aan my graanvlokkies toe die nuus breek dat daar ʼn moontlike R3 prysverhoging in die petrolprys gaan wees. Dit voel asof die nuusberig van iewers baie ver af aangesweef kom. My ore sing skielik te hard en terwyl ek en Hubby met groot oë na mekaar sit en staar, […]
Vergiftig
Vergiftig Wanneer die son weer skyn na swaar, grys dae waarin my geloof getoets is, kyk ek terug en kan maklik ‘n fout maak wat die onvermydelike volgende beproewing en my verhouding met God bitter moeilik maak. En dit in die tyd waar ek Hom die nodigste het. Hierdie gif vir my verhouding met God […]
klein oomblikke (Silwer)
soms raak my woorde min en moet ek skryfplek soek dan vul ek my digtershart se leë woord-fontein met die lewe se klein oomblikke tot dit bor’lend oorloop my woorde liries laat vloei en ek raak rustig aan die slaap gedig en skryf-lier in die hand
lentevreugde (Silwer)
die eerste belowende klanke van die lente se lieflike lied laat my ~ heel uit pas ‘n baldadige dansie dans op die postlude van die kwynende winter
Blommelicious
Woordtelling 631 Dis maar moeilik om oor enigiets liries te raak wanneer jy weens die hoë petrol prys tuis moet bly en saans noodgedwonge by kerslig in mekaar se oë sit en staar. Dis nie eintlik om voor te gee dat jy in jou aftreejare skielik ‘n opwelling van romanse ervaar nie, maar veel eerder […]
konsolasie (silwer)
die jakarandas blom weer geil vanjaar ‘n lilafees vir ons gespaar bied vertroosting teen hartsverlange oor elk’ beminde verganklike ©Driekie Grobler (2022)
Oggendvers (goud)
voor die dagbreekhaan kraai wil ek iets vir jou skryf want ek moet ‘n wens vir jou los by die suiderkruis se laagste punt net ‘n paar woorde terwyl die maan nog in jou arms slaap voor die klam oggend jou wakker maak met haar deurskynende asem en die vrese van gister jou naam afstof […]
dit is … OKTOBERMAAND! (SILWER)
dit is … OKTOBERMAAND! dit is Oktobermaand! die mooiste maand van die jaar is hier; kom ons vat die pad om kaalvoet deur die maand te stap wanneer Oktober ontplof in kleursensasie “Ek groet jou, o mooiste maand, ek wil jou skoonheid besing – kolkende pers trosse blom hang in nuanses van violet ek raak […]
Van hanekraai tot briekaandraai (765 woorde)
As daar nou een ding is waaroor niemand van ons beheer het nie, dan is dit tyd. Soms wens ons dit om en soms wens ons dit moet bietjie stadiger gaan of selfs stilstaan. Alles wat ons aanpak en doen word beplan rondom tyd (onbewus beheer deur tyd). Tyd vir dié, tyd vir daai … […]