Jongste aktiwiteit:

Vandag

Vandag…

 

Die nag was koel,

die koue wou hier en daar nog kom loer.

 

Oggend vroeg dans die ketel vir sy deel

aan ‘n boer se troos:

‘n koffie om die son te groet.

 

Pype bars, ‘n koei kalf, rantsoen wag

reeds by die koöperasie.

 

Die windpomp

sukkel om water te trek. Hy haak vas,

net die klank van klak-klak.

 

Die son begin groet

aan die einde van die dag. ‘n Boer se moed het lankal

in sy sokkies gesak.

 

Soos die beeste

huis toe kom en die hoenders vir die boom se takke mik,

groet die boer ook sy dag.

 

Vandag was sy eie dag, maar ons

het hom by die horings gepak.

 

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed