Erns Of Ontspanning
Erns Of Ontspanning
Soveel lesers soveel generes
en literatuursmake – – –
Iemand lees en geniet jou geskrifte
maar baie gaan dalk nie – – –
Waarom stel ‘n mens dan jou diepste
gedagtes bloot aan onsimpatieke lesers
is dit erns of ontspanning, gevoelsontlading
en goeie afleiding en terapie vir ‘n oorspanne
gemoed of het jy wel iets om te sê ongeag
of almal daarvan gaan hou?
Gaan sit voor die klavier en speel jou hart uit,
druk jou ghitaar teen jou hart stryk en streel of
pluk die snareleed om in vreugde te ontspan,
dis net jy en jou instrument, alleen intiem – – –
Almal soek nie ‘n gehoor,
almal soek nie publisiteit
en skryf en speel vir eie genot,
of luister na ander se spel en
lees graag ander se skrywes,
en soos die by en die blommetjies
‘n literatuur kruisbestuiwing – – –
Janetta – Helena [Babs] ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.