Luister na elke woord
Jy breek saam die branders
jy groei saam met die gras se groen
jy wys die blomme se kleur
maar jy wag jou prooi in by die deur
Ek is die woestyn se sand
ek is die son se brand
ek is die sterre se blink
ek is die valk se vlerk
vry en verlore wag ek vir jou hart
se balk
Jy is die storie se woorde
ek is die noot van die lied…
skielik is jy stil
soms probeer ek my mond oopmaak
maar niks gebeur
Weet jy hoe voel ‘n sandkorrel
onder die woestyn?
weet jy hoe voel
‘n gloeiende vuur in jou siel ?
weet jy hoe voel ek oor jou?
10 Kommentare
-
-
neels
pragtige werk Palet
-
Koekekranka
Wel gedaan!
-
Inkmoderator
Palet, ek wonder net oor een ding: die titel pas nie vir my by die inhoud van jou vers nie. Is dit moontlik dat jy dit dalk kan aanpas. 'Tussen die donker' bring nie vir my 'n verband tussen die branders en sand nie, byvoorbeeld. Ek wil nie voorstelle maak nie want sal eerder graag wil sien dat dit jou eiendom bly. Jou vers is keurig. IM
-
Marisa Labuschagne
Goed gestel.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die INK gedenkbundel projek