mega en mikro
soms is jy die magtige weskus-see die mega-mens van branders en sout met ‘n stem wat die stilte breek soos golwe teen rots jou drome is wyd, ongetem en uitermate groot soos die suidwesterwind wat die duine verskuif ’n reus wat die lewe heeltyd wil uitdaag en in jou ontembare, lewenskragtige loop is […]
Wanneer die hemel seën
Wanneer die Hemel seën Geel gras breek onder my voete, die damme leeg, diere smeek. Ek hoor die gebed van oom Habakuk — die kampe, die wingerde. Hitte bou op, bome hang, selfs die blomme hier en daar se koppe hang. Donker wolke kom hang oor my. Asseblief, Here, gaan ons […]
Land van goud
Land van goud Goue koringlande lê voor hom uit. Die boer stap deur sy land. Kyk hoe springkane en koringkrieke hulself kom help. Wanneer die einde van sy spore op hierdie land sou kom, begin sy nuwe goue lande in sy Hemelhuis. Daar waar geen pes sy vrede kan wegdryf nie. In […]
Jou hart speel wegkruipertjie
Jou hart speel wegkruipertjie Aan my hart het ek beloof, niemand sal jou ooit weer van liefde kom roof. Stil kom stap jy in my lewe in. Jou donker oë het reeds my vrese raakgesien. Op jou manier neem jy my hart, dit voel soos ’n Spaanse dans. Tog, toe ek […]
Liefdesbrief van die plaas
Liefdesbrief van die plaas Ek soek na jou soos ’n windpomp soek na wind. Ek vra jou mooi, soos gras vir die reën, om ’n bietjie van jou hart vir my te leen. Soos elke dier hier op die plaas met hul maat, soek ek soms net ook ’n asem wat langs […]
Dit was toe jy wat die boer kom vang
Dit was toe jy wat die boer kom vang Ek onthou jou van jare terug. Ek was tien, jy al twaalf. In die tuin het ons gekamp, jou lappop was ook saam. Sy het op my groen fiets gesit. Jy was nogal skaam, ek was ook. Bloos, bloos het ons broodjies gemaak, […]
koue lente
suid-ooste wind waai koud deur laan die dooie blare val nou op die dak grys kombers lê oor my huis se dak terwyl somer sonstrale heeltyd taan winter se koue behoort weg te gaan maar koue kom en laat sy voelers sak ons soek die kaggel vuur se diep gemak bibber onder […]
Walvisbaai
geelwit duine se wydte strek sag tot teen die baai waar branders van die suide se koue seestrome winde uit die ooste waai in warm woestyndrome wat die spierwit strande met fyn korreltjies besaai oop breë strate loop stil regdeur tot op die kaai met palms wat getrou waghou oor motor strome […]
kantate et sonate, cliche
klink soos cliché maar gaandeweg word dit deel van die klein dingetjies met groot betekenis in die lewe soos gedagtes strofes word uit jou en my pen so vorm die hoorbare oordrag van musiek ’n kantate van klanke soms sag, dralend soms stakato opruiend so dring die klanke van instrumente jou hele liggaam […]