Lied van die liefde
Lied van die liefde Ritme klop in my hart, die gevoel van behoort sing nou saam. Ek onthou, ons was altwee nogals skaam. Gesprekke volg, die leer mekaar ken word ’n wysie wat twee liedere saam kan sing. Dit wat die een hart wil neem, kan die ander net nie deel. Skielik verander ’n lied […]
Net ñ bietjie liefde
Net ’n bietjie liefde Verlief en verlore, jawoord word gevra, die klokke lui. ’n Foto word gedeel, sommer op die internet, almal deel die goeie nuus van ’n baba wat kom. So verloop die lewe met sy reëls, dit is die spore wat liefde deel. Sommer net hier in my hoek, eenkant lees ek die […]
Kwart oor vyf
Kwart oor vyf Elke dag na werk stap ek af in 4de Weg. Die kliphuisie met sy dakvenster. Ek onthou haar goed, gekrulde bruin hare, en dan daai een pienk top. Sy was altyd voor die venster, potlood in die mond. Ek skat sy was besig met huiswerk of selfs dalk teken. Gordyne nou toe. […]
Liefde op die trappie
Liefde op die trappie Ons was bure, hy was Koos. Buurman kom ook van die plaas. Hier in verre lande, tussen reën en sneeu, het ons beland. Veldskoene geruil vir serp en jas. Buurman raak stil, tot die dag wat ek die nooi met die rooi sambreel op die trappe sien. […]
uit stof (silwer klas)
uit stof daar staan die gestalte in die spieël ’n traan val skugter vreemd en ver losgeskeur van die aarde se atmosfeer gedagtes vlieg omhoog (in eensaamheid van hierdie breekbare heelal) en raak so byna amper aan die hemelblou-rant ’n vinger reik uit na die krake die koue sypel deur beenmurg en vind dan onverwagte […]
musiek
koffie en boerbeskuit soggens is soos musiek in my ore wat my sus nie die viermaat-gebrabbelde modern eerder die ligte klassieke tot stil klassiek wat sag my siel uit sy onrus oplig musiek is soos ’n wonder kuur van inheemse en uitheemse granate vol van die heel beste wat my liggaam in […]
Geroeste spore
Geroeste spore Eens het jy deur my lewe geloop, soos treinspore. Ek het gewag op jou fluit, jou lag, die lawaai. Iewers het die trein gestop, die toekoms dalk verpas. Al wat oor is, is nou geroeste spore van dit wat eens goed was. Jou foto’s verbleik in die fotoraam, […]
Twee rooi spore
Twee rooi spore Geelgoud gras, plek-plek gesaai. Rooi duine, ingekleur met geel duwweltjieblom, oor die Kalahariduin wanneer die reën kom seën. Iewers daar op ’n tweespoorpad het ek eens my hart verloor. Jare later weer gevind en besef dit was die liefde vir ’n rooi Kalahariduin. Nou hier op kalkkliprante en fonteine, […]
impak
van na die sondeval was daar oorloë in die wêreld die geveg tussen goed en kwaad duur voort omdat die mens gierig is miljoene der biljoene mense word vermoor groot getalle sterf as gevolg van siektes nog groter getalle sterf in politieke tydperke van duiwelse idiologieë die voorbeelde is legio die mens se […]