My stukkies lap
My stukkies lap…
Hierdie lewe het ek al gestap, mis getrap en weer opgestaan.
Die doringbosse het my beetgekry, stukkies van my lewenslap het daar bly klou.
Stampe en stote met skrape en snye, dit lê oral op my lyf.
Daar is van dié, hul ken my goed, van hulle ken my sleg. Ek weet ook van dié wat dink ek is gemors.
My spore lê oral oor, deur elkeen van die strate, lig en donker.
Daar lê nog ’n lang pad voor of althans lyk dit so.
Met elke tree vorentoe doen ek my bes om te kan leer uit vandag se les om môre so ’n bietjie beter te kan wees.
Al lê my lewenslap in stukkies oral langs die pad gesaai, weet ek iewers het ek ’n gedagte gelos toe ek daar moes draai.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.