Jongste aktiwiteit:

Waar is jy

ek is deel van jou
jy is deel van my
wie is ek nou
sonder jou?

daar is geen woorde wat bestaan
om die dood van ‘n kind te kan verstaan
daar is geen manier hoe jy kan berus
as ‘n deel van jouself dood is

waar is ek?
waar is jy?

jy weggepak
in laai en kis
ek moet voortgaan
moet berus

grafsteen
waarop ek moet rou
Hoeksteen
hierop moet ek bou




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed