Jongste aktiwiteit:

Voetstappe wat was

eers ek nou jy

wat agter bly

wat deur die komedie-spel moet  breek

aand -vir-aand week vir week

wagtend vraend in die duister

na voetstappe wat was sal luister

en jouself telkens betrap

met ‘n ekstra glasie sap

hoor die aanhoudende gepraat

van mense raad

maar in jou sal dit skree

nee

nee

nee

waarom tog my kind

kan ek jou maar weer toedek

nagsoen

in my arms vashou

jou lyfie beskerm teen die koue

maar nou lê jy onder ‘n graniet kombers

my kind in reën wind hael

nou moes ek ‘n stuk aarde koop

wat nie myne is

verlate bar en kaal

waar mense plak

geen sterfling hoort

 

 

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed