Sosiaal oorlede
Asof die mensdom jou konsuis soos ‘n brandsiekbrak verjaag ontkoppel jy – *(a)sosiaal; sinies, word niks en niemand ontsien nie illogies en onstabiel glo jy ad nauseam, dat almal behálwe jy, twissiek, onsimpatiek en aandadig aan jou laaghartigheid is. *Asosiaal: Grenslynpersoonlikheidsversteuring of GPV
Vlamme van vrees Silwer
ek sien jou laaste armswaai deur die wasem van onthou jou laaste klokkielag nou net ‘n klank van rou in die newels van die blou-blou lug ‘n vredesduif wat swenk in vlug roet en rook – ‘n vlammesee verskans die oggendson die stilte skreeu verdowend en eenkant op die grys beton ‘n halfverkoolde teddiebeer die […]
WAT KYK JY?
WAT KYK JY? Wat kyk jy? Jy sleepvoet nuuskierig verby en verrek skaamteloos jou skilpadnekkie soos jy saamkyk en, nes talle ander, vermy om te stop. Jy sê dis nie jou plek nie. Waarna kyk jy? ’n Geruislose geraas en vreemde woeling, gestamp en gestoot … gedempte gil. Ongemaklik trap-trap jy uit voeling – dis […]
SKERMSPEL
SKERMSPEL Hoë boom, weet jy wat het jy gedoen vandag? Jy’t ’n jong boom se takkies gekraak want jy’s so behep met mag – jou ketterbek loei en laster lukraak. Onheilspellend glim jou vlymskerp blare; deurklief my gebeente en sny my selfidee flenters tot selfs die twýfel etter uit my are en my hol laat. […]
Kreukels
Kreukels ons harte praat nie meer spasies tussen jou woorde en my sinne het verweer vergestald in leë akkoorde gepaarde rym en omarmende rym verdwyn gekruisde rym en gebroke rym verskyn ek voel nog wanneer jou hart klop maar jou siel is dood naïef sê ek nog vir myself: “The soul has been given its […]
Haar onskuldigheid
Elke aand dieselfde storie, Hy in sy volle glorie. Sy wat hom smeek, diep binne is sy so gebreek. Hy is besig om te vat haar onskuldigheid, Sy word groot voor haar tyd. Sy huil en smeek hom om op te hou, Diep binne voel sy hoe die seer en haat opbou. Sy voel tog […]
stryd
stap ek op die reguit pad dan swaai my kop steeds heen en weer in die wind winde van veranderinge wat my gedagtes wil aflei my voete vind die reguit pad my gedagtes dwaal nog weg pyn en seerkry in flitsende lig bedwelm van medisyne-pille dwaal my gedagtes aweregs my lewe wil by regverdig bly […]
glaskas (Silwer)
die glaskas wat jy om my gekonstrutureer het met jou liefdelose hamer en woordbeitel sal op ‘n dag versplinter en weerloos om my voete kom lê ek sal my verlustig aan die knirs-knars soos ek kaalvoet daardeur wegloop ‘wyl jý swetsend op weerwraak hoop
Begrafnis konsternasie.
Begrafnis konsternasie. Linda ril liggies as sy om haar kyk. Sy HAAT begrafnisse! Wat nog te sê om een te moet reël. Die trane rol in sweefspoor paaie teen Linda se wange af as sy na die godverlate hartseersnikke luister in die gedempte lig van die voorhuis. Sy sit half eenkant in die skemerhoekie van […]